Aleksander I van Rusland

Aleksander I
Keiser van die Hele Rusland
Keiser Aleksander I
Dinastie Romanof
Bewind 1801–1825
Kroning 23 Maart 1801
Volle naam Aleksander I Pawlowitsj Romanof
Ander titels Tsaar
Groothertog van Finland
Koning van Pole
Gebore 23 Desember 1777
Gesterf 1 Desember 1825
Voorganger Paul
Opvolger Nikolaas I
Gade Louise van Baden
(Elisabeth Aleksejewna)
Kinders Maria, Elisabeth (albei as babas oorlede) en 9 buite-egtelike kinders by 6 verskillende vroue
Vader Paul
Moeder Sophia Dorothea van Württemberg

Aleksander I Pawlowitsj (Russies: Александр I Павлович) (Sint Petersburg, 23 Desember 1777Taganrog, 1 Desember 1825) was van 1801 tot 1825 keiser van Rusland.

Hy word in Sint Petersburg gebore as die seun van groothertog Paul Petrowitsj, later keiser Paul, en Sophia Dorothea van Württemberg (Maria Fjodorowna). Aleksander bestyg die troon ná die moord op sy pa en regeer oor Rusland tydens ’n chaotiese periode, die Napoleontiese Oorloë. In die eerste helfte van sy bewind probeer hy verskeie liberale hervormings deurvoer, maar in die tweede helfte besef hy dis ’n onmoontlike taak en skaf hy baie van sy vroeëre hervormings af. In sy buitelandse beleid het Aleksander ’n taamlike mate van sukses behaal en hy het verskeie veldtogte gewen. Die vreemde teenstrydigheid in hom maak Aleksander een van die interessantste keisers. Sy dood was boonop in misterie gehul en dis steeds onbekend waar sy liggaam is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search